Dis uit en gedaan: Oscar Pistorius hét gemoor.
Die lemnaeler se laaste kans om sy skuldigbevinding aan moord in strafbare manslag te laat verander, het misluk toe die konstitusionele hof sy aansoek om verlof tot appèl afgekeur het.
Reeva Steenkamp is op Valentynsoggend 2013 dood nadat Pistorius vier skote na die geslote badkamerdeur in sy huis in Pretoria geskiet het.