Hy weet nie of Oscar Pistorius in die gevangenis preek nie, maar hy weet hy sal help waar hy kan en raad gee indien iemand dit nodig het, sê sy pa, Henke.
“Oscar bly positief. Hy probeer soveel as moontlik doen,” het Henke Maandagmiddag gesê.
“Oscar was van sy vroeë tienerjare af ’n Godvresende man wat sy verhouding reg gehou het met die Here. Hy het my nog altyd trots gemaak. Al drie kinders het só grootgeword. Hul ma het vir hulle daardie fondasie gelê.”