Oscar Pistorius, voormalige Paralimpiese kampioen en veroordeelde moordenaar, het Dinsdag in ’n voertuig van die departement van korrektiewe dienste (DKD) in Centurion by die roudiens vir sy oupa opgedaag.
Maandag was dit nog onseker of hy die diens sou bywoon wat by die Kleinkaap Boutique Hotel gehou is.
Oscar is deur twee DKD-beamptes vergesel nadat hy aansoek gedoen het om die diens vir sy oupa Hendrik Pistorius by te woon.