’n Video van ’n groot leeumannetjie wat ’n groep jagters bestorm en een van hulle aan die skouer beetkry terwyl hulle op hom skiet, het sosiale media vandeesweek aan die gons.
Daar kan gesien word hoe een van hulle die leeu doodskiet terwyl hy die slagoffer op die grond vaspen.
Na wat verneem word, het die voorval twee jaar gelede op ’n plaas in die Kalahari gebeur. Die video is Dinsdag op Facebook geplaas en sedertdien byna 2 500 keer gedeel en meer as 126 000 keer gekyk.