Lamine Diack, omstrede voormalige hoof van die Internasionale Vereniging van Atletiekfedrasies (IAAF), sal in Frankryk voor die hof gedaag word op aanklagte van korrupsie en geldwassery.
Dít volg nadat Diack vir die afgelope vier jaar ondersoek is vir onder meer afpersing en omkopery in wêreldatletiek.
Die besluit om Diack te vervolg kom ’n maand nadat aanklaers formeel vir Diack en sy seun, Papa Massata, beskuldig het van etlike onwettige praktyke oor ’n tydperk van jare waarin hulle aktief betrokke was by internasionale atlete en hul federasies.