’n 89-jarige man en sy 57-jarige lewensmaat is Donderdag op hul kleinhoewe naby Marikana met ’n hamer aangeval.
Drie rowers het by die paartjie se huis op hul kleinhoewe in die Barnardsvlei-omgewing ingebreek terwyl hulle geslaap het. Die rowers het geld en vuurwapens geëis, sê lt.kol. Amanda Funani, ’n polisiewoordvoerder in Noordwes.
“Die man en vrou is erg aangerand en moes na ’n hospitaal geneem word vir behandeling.”