Ek het ’n heerlike geselsbrief van Fanie Blignaut van Centurion gekry – hy het my teruggevat na die dae toe Pa Coen stasiemeester op Wepener was. Daar was nou wel nie ’n kafee op Wepener se stasie nie, maar stasies soos Vereeniging het kafees gehad waar Fanie Sondae saam met sy gesin pastei, tjips en sous geëet het.
“Goeie môre Anél,
“Laat ek begin deur te sê ek is seker een van jou grootste fêns en daar gaan nie ’n Sondag verby dat ek nie jou artikel lees – en resep probeer – nie.