Noudat bakkies die jongste gonswoord in die motorbedryf is, het die nuus pas bekend geword dat Peugeot nou ook op die punt staan om ’n eie bakkie te bou.
Ons moet egter dadelik byvoeg dat dit tegnies gesproke nie heeltemal die Franse groep se eerste poging tot ’n eentonbakkie sal wees nie.
Peugeot het reeds verlede maand ’n eentonbakkie genaamd die Pick Up gewys. Dis eintlik ’n Dongfeng Rich met ’n Peugeot-rooster voor en ’n Peugeot-kenteken agter, maar word slegs in die Afrika-mark (uitgeslote Suidelike Afrika) bemark.