Die peuter van Bethlehem wat verlede week deur ’n hond doodgebyt is, word Woensdag begrawe.
Alyna Jansen (22 maande) se dood het skokgolwe deur Bethlehem gestuur. Sy is Donderdag deur haar ouma, Hannetjie van Rooyen, se boerboelreun aangeval en doodgebyt terwyl sy met die teef, wat op hitte was, gespeel het. Albei honde is van kant gemaak.
Alyna se roudiens is Woensdag om 12:00 in die NG kerk Bethlehem-Wes.