Phumelela Gaming & Leisure het in sy boekjaar tot einde Julie ’n verlies uit sy bedrywighede gely, maar met die bekendmaking van sy resultate Vrydag het hy ’n punt daarvan gemaak om Markus Jooste “vir sy bydrae” te bedank.
Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, was tot in Desember ’n direkteur van Phumelela.
Hy het by die perdewedrengroep bedank op dieselfde dag dat hy onder ’n wolk van omstredenheid as uitvoerende hoof van Steinhoff bedank het.