‘Ek kon die pyn nie meer verdra nie. Ek het net gewens iemand kan iets doen om my van my pyn te verlos.”
So vertel Du Toit oor die besering wat hy tydens verlede maand se Superrugby-wedstryd teen die Blues op Nuweland opgedoen het.
Die Stormers en Bokke se bielieflank sê nie eens ’n dosis sterk medikasie kon iets doen om die pyn te verlig nie.