Die Nieu-Seelander Paul Williams, Australië se Nic Berry en die Fransman Romain Poite sal vanjaar die skeidsregters in die Springbokke se drie toetse in die Rugbykampioenskap wees.
Williams is in beheer van die Bokke se eerste toets teen Australië in Johannesburg op 20 Julie. Dié 34-jarige het nog net vyf toetse agter sy naam. Hy is nie verwant aan die All Black-legende Bryan Williams nie.
Op 27 Julie speel die All Blacks in Wellington gasheer vir die Springbokke, met Berry in beheer.