’n Private forensiese ondersoekbeampte van Cold Cases SA het Dinsdag in Port Elizabeth aangekom om te begin soek na Recolin Witbooi (8) van Barcelona, wat al 24 dae vermis is.
Leon Nel het, toe hy Maandag van Recolin te hore kom, sy dienste aangebied. Die getraumatiseerde familie hoef nie ’n sent daarvoor te betaal nie.
Dit is Saterdag Recolin se negende verjaardag. Sy ma, Chriszelda, worstel met die idee dat sy dalk vir die eerste keer haar seun se verjaardag sonder hom sal moet vier.