Die polisie in Margate benodig die hulp van die publiek om ’n saak te probeer oplos waarin ’n pa en sy seun drie jaar gelede dood is.
Volgens die polisie het ’n motorongeluk op 16 Mei 2015 omstreeks 05:45 naby Voëlpark in Uvongo langs Marine-rylaan plaasgevind.
By die polisie se aankoms het daar twee lyke in die middel van die pad gelê.