Die Hoërskool Rustenburg se Zonica Lindeque het die punte laat inrol in nat toestande by die Hoërskool Noordheuwel se vriendskaplike atletiekbyeenkoms wat Vrydag gehou is.
Die donderstorms wat oor Gauteng uitgesak het, was genoeg om verskeie byeenkomste kort te knip.
Van die items wat geskeduleer was tussen die Hoërskole Noordheuwel, Rustenburg, Lichtenburg en Klerksdorp, kon net 14 op die ou einde plaasvind.