Van links is Petro Boshoff van die NWU se Ingrypingsdiens, Pieter Hattingh, voorsitter van die Studente Jool-gemeenskapsdiens, en prof. Daryl Balia, adjunk-visekanselier van die NWU se Potchefstroomkampus, met die tjek van byna R1 miljoen wat aan behoeftige studente oorhandig is. Dit is deel van die R3,8 miljoen wat studente die afgelope jaar met liefdadigheidsprojekte ingesamel het.
Studente aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het R60 000 aan die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark oorhandig waar vier kinders dood is toe ’n loopbrug op 1 Februarie by die skool ineengestort het.
Talle ander kinders is beseer, waarvan sommige nog in hospitale van ernstige beserings herstel.
Die skenking van die NWU-Pukke om te help met hul mediese koste kom uit die altesaam R3,8 miljoen wat die kampus se Studente Jool-gemeenskapsdiens (SJGD) die afgelope jaar ingesamel het.
Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in