Met skaars ’n week voor die Curriebeker-seisoen afskop, is die Pumas die dienste van hul afrigter, Brent Janse van Rensburg, kwyt.
Die Pumas sê in ’n verklaring die twee partye het tot ’n vergelyk gekom om Janse van Rensburg (38) van sy kontrak vry te stel.
“Hy het die wens uitgespreek om ander geleenthede te ontgin, en ons respekteer dit,” sê Pieter Burger, uitvoerende hoof van die Pumas.