Qedani Mahlangu, die omstrede voormalige LUR van gesondheid in Gauteng wat soos ’n groot speld verdwyn het nadat meer as 100 psigiatriese pasiënte in Gauteng dood is, is in Londen.
Rapport en City Press kan vandag eksklusief onthul dat Mahlangu besig is met verdere studies aan die London School of Economics and Political Science.
Dit terwyl getraumatiseerde familielede en gesondheidswerkers die afgelope twee weke ontstellende getuienis gelewer het oor hoe dié pasiënte gely en gesterf het in die veelbesproke Life Esidimeni-skandaal.