Daar was nog geen formele aanbod uit Engeland nie, maar die kans dat John Mitchell by die Bulle gaan aanbly, is nietemin skraal.
Hoewel die Blou Bulle Maatskappy (BBM) nie Maandag wou uitwei oor gerugte dat hy ’n stewige oordragfooi van sowat R9 miljoen (£500 000) van die Engelse Rugbyunie (RFU) vir Mitchell se dienste eis nie, word daar by Loftus Versfeld verneem die bedrag word “voortydig rondgegooi”.
Dit het onlangs op die lappe gekom dat die RFU met Mitchell, die Bulle se hoof van rugby, onderhandel om hom as die Rose se nuwe verdedigingsbreier aan te stel.