Veilings is ’n doeltreffende manier om ’n markverwante prys vir residensiële en kommersiële eiendom te bepaal.
MC du Toit, uitvoerende hoof van veilings en verkope by BidX1 Suid-Afrika, sê ’n reserweprys is die onvermelde minimum bedrag wat die verkoper sal aanvaar en waarop voor die veiling met die afslaer ooreengekom is. Dié prys moet nie verwar word met die riglynprys, wat bloot ’n riglyn is, nie.
“Die reserweprys kan deur die verkoper verlaag word, gegrond op inligting wat voor die veiling deur die afslaer verskaf word.” Die reserweprys moet egter op ’n vlak wees wat die verkoper gemaklik sal aanvaar.