Die finalisering van die wysigings aan die Grondwet om duidelik uit te stippel hoe grondonteiening sonder vergoeding gaan werk, is “een van die belangrike take” van die nuwe parlement.
Pres. Cyril Ramaphosa het dié opmerking Woensdag in sy repliek op die debat oor sy staatsrede gemaak.
Dit kom nadat Julius Malema, EFF-leier, hom Woensdag onder meer daarvan beskuldig het dat die ANC grondonteiening sonder vergoeding as ’n verkiesingsbelofte gebruik het en gewaarsku het oor die moontlikheid van ’n spontane “revolusie” wat daaroor kan uitbreek.