Dit was Saterdag die negende verjaardag van die vermiste Recolin Witbooi van Barcelona in Port Elizabeth.
Recolin en twee maats het op 6 Julie glo by ’n dam in Grootkloof, soos die gemeenskap daarna verwys, visse gaan vang. Die maats beweer hulle het Recolin daar gelos toe hulle huis toe is.
Leon Nel, ’n private forensiese speurder, wat op sy eie koste gehelp het om na die seun te soek, se ondersoek het getoon dat Recolin moontlik ontvoer is, en dat sy verdwyning verband hou met ’n netwerk van misdadigers wat kinders vir die seksbedryf werf of ontvoer.