Reën kan dié week verligting bring vir die mense van die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes nadat ’n hittegolf verlede week weer die binneland verskroei het.
Nóg goeie nuus is dat Vrydag amptelik die laaste dag van die hittegolf was, hoewel temperature vandeesweek steeds aan die hoë kant gaan wees.
Die grootste dele van die Vrystaat en Noordwes sal na verwagting vir die volgende sewe tot nege dae reën kry, met die oostelike dele van die Noord-Kaap wat van Dinsdag af ook nat kan wees.