Met vier diverse eetplekke op sy kulinêre kerfstok en ’n permanente plek op die Eat Out-restaurantpryse se ranglys, het Bertus Basson hom gevestig as een van Suid-Afrika se beste sjefs.
Wat hom egter anders maak as sy medesjefs is dat hy fynproewerkos met ’n gesonde skeut Suid-Afrikaans eenvoud geur. En op sy kosprogram Goed, beter, Bertus wys en nooi hy kykers sy tuiskombuis binne om te wys dat enigiemand nes ’n sjef by die huis kan kook – want selfs sjefs eet en kook op ’n eenvoudige manier.
Wat is jou mantra in die kombuis?