Die jaar 2018 is nou reeds sewe weke oud en die eiendomsmark is stadig maar seker besig om sy kop op te lig. Eiendomsagente en eiendomsmaatskappye juig hieroor en almal skep nou nuwe moed. Daar word ywerig gesoek na eiendomme om te bemark en verkoop!
Almal is deeglik bewus van die waarde van bemarking en ’n lewendige debat word gereeld gevoer oor die waarde, al dan nie, van die tradisionele skouhuis. Ek wil vandag ’n aspek aanroer wat my baie na aan die hart lê.
Dit is die beskadiging, vernietiging en verdwyning van ons “op skou/on show”-borde. Nie alle agente skou graag nie, maar dit bly steeds een van die waardevolste maniere om voornemende kopers te lok na ’n eiendom wat in die mark is.