Die luuksegoederegroep Richemont se aandeelprys het Maandag vroegoggend met meer as 2% gestyg nadat hy in ’n handelsoorsig gesê het sy verkope het sterk gestyg.
Richemont het terselfdertyd bekend gemaak dat Jérôme Lambert, tans die bedryfshoof, met onmiddellike ingang as uitvoerende hoof aangestel is.
Die pos was vakant sedert die vorige uitvoerende hoof, Richard Lepeu, in Maart verlede jaar afgetree het.