’n Oplossing vir Suid-Afrika se grondkwessie is moontlik, as alle landsburgers begrip het vir die eise van voorheen benadeeldes én vir die vrese van die huidige grondeienaars, sê Roelf Meyer, minister in die destydse oorgangsregering.
Hy het gepraat nadat pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand aangekondig het die ANC gaan die Grondwet verander om die omstandighede waarin grond sonder vergoeding onteien kan word, duidelik uit te stippel.
Meyer is deesdae voorsitter van die niewinsgewende adviesmaatskappy In Transformation Initiative.