Nuwe getuienis oor die werk van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se hoërisiko-ondersoekeenheid, die sogenaamde rogue unit, is aan die Nugent-kommissie van ondersoek gestuur.
Die kommissie onder leiding van afgetrede regter Robert Nugent is vroeër vanjaar deur pres. Cyril Ramaphosa aangestel om ondersoek in te stel na probleme met korporatiewe beheer in belastinginvordering by die SAID. Sittings hervat volgende week.
Nugent wou nie bevestig dat die kommissie die bewerings oor die eenheid ondersoek nie.