Rohde: Gerugte dat sý ’n ‘skelmpie’ is

Jason Rohde
’n Facebook-foto van Jolene ­Alterskye (35).

’n Kollega van Jason ­Rohde, geskorste uitvoerende hoof van Sotheby’s Interna­tional Realty, het ’n prokureur aangestel oor gerugte dat sý Rohde se skelmpie is.

Die 35-jarige Jolene Alterskye, ’n eiendomsagent van Seepunt, was een van minstens drie mense wat laataand in ’n kamer op die eerste verdieping van die Spier-hotel gekuier het toe Rohde kort ná ’n ­Sotheby’s-konferensie hom by hulle aangesluit het.

Sy was een van die laaste mense wat Jason (47) gesien het voordat hy en vrou, Susan (45), na hul kamer is.

Alterskye se prokureur, Leon van der Merwe, het aan Rapport gesê sy kliënt het die gerugte dat sy die minnares was aan hom genoem. “Sy wil nou bloot haar belange beskerm,” sê hy.

“Ja, sy is deur speurders ondervra, maar talle van haar kollegas is ook.”

Hy het bevestig Alterskye was een van die partytjiegangers in die hotelkamer.

“Natuurlik is sy ontsteld oor die gebeure omdat daar iemand dood is en sy saam met die beskuldigde gewerk het,” sê hy.

Die donkerkop enkelma woon die afgelope twee jaar in ’n huis wat in ’n stadium vir meer as R3 miljoen in die mark was.

Ingeligte bronne sê die Rohde-egpaar het ná die konferensie glo “goed gekuier”. Rohde het glo ’n boodskap op sy selfoon ontvang van iemand wat hom genooi het om by sy kollegas in ’n hotelkamer aan te sluit. Hy is glo soontoe.

Toe sy vrou hom later kom haal, was hy glo halsstarrig, maar is hy uiteindelik saam met haar die trappe af. Hy het glo in ’n luide stem uitgevaar oor die stand van hul huwelik.

Rohde het Susan se lyk op ­susan24 Julie kort ná 07:00 in hul hotelkamer se badkamer gevind.

Hy het gesê toe hy die oggend wakker word, kon hy sy vrou nêrens vind nie.

Die badkamerdeur was gesluit en hy het ’n nutsman om hulp gevra. Toe hy en die nutsman die deur oopkry, is ’n plofgeluid gehoor toe sy vrou se lyk glo van ’n haak agter die deur geval het.

Sy het haar blykbaar met ’n elektriese koord opgehang.

Rohde het glo mond-tot-mond-asemhaling op sy vrou toegepas totdat die nooddienste opgedaag het. Hy moes suurstof ontvang toe hy glo ’n angsaanval gekry het.

’n Geregtelike doodsondersoek is gedoen, maar ná die staatspatoloog se bevindings is dit in ’n moordondersoek verander.

Rohde, wat in Bryanston, Johannesburg, woon, moes ’n bloedmonster verskaf en ’n mediese ondersoek ondergaan.

Daar was ’n waarskuwingsverklaring, wat beteken hy is ingelig dat hy ’n verdagte is.

Bronne sê Rohde se vrou het in Februarie ’n Valentynskaartjie in sy sak gevind en hom daaroor gekonfronteer. Sy het ’n sielkundige gesien en het glo medikasie vir depressie gebruik.

Speursers. Marlon Appollis, ’n ondersoekbeampte, het Vrydag in ’n verklaring wat voor die hof gedien het, gesê volgens die patologiese verslag is Susan verwurg en het sy versmoor en verstik.

Volgens Appollis word ’n bloedspatsel-verslag, bevestiging van Rohde se finansiële omstandighede, ’n verslag van Susan se sielkundige, asook inligting op die beskuldigde se skootrekenaar en selfoon nog ingewag.

Rohde het intussen ’n gedugte regspan aangestel, asook ’n patoloog wat aanvanklik deel was van Oscar Pistorius se verdedigingspan.

Dr. Reggie Perumal, ’n patoloog van Durban, het in ’n verslag gesê Susan is nie verwurg soos die staat beweer nie.

  • Rohde verskyn weer Dinsdag in die hof.

Rand - Dollar
15.57
+1.0%
Rand - Pond
19.66
+0.2%
Rand - Euro
16.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,853.66
0.0%
Silwer
22.12
0.0%
Palladium
2,076.50
0.0%
Platinum
956.50
0.0%
Brent-ruolie
119.43
+1.7%
Top-40
63,883
+1.4%
Alle aandele
70,486
+1.4%
Hulpbronne 10
76,948
+0.6%
Industriële 25
76,115
+1.3%
Finansiële 15
16,257
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos