Saterdag se tweede helfte teen die Highlanders het bevestig dat die Bulle ’n hegte eenheid geword het in die vorige paar weke se teëspoed in die Superreeks, sê Rosko Specman.
Dié Bulle-vleuel was ná rustyd aan die spits van die Bulle se skittervertoning met ’n driekuns aan drieë.
Daarmee het die Bulle die wind uit die Kiwi’s se seile gehaal en oortuigend met 38-13 geseëvier. Dit was die Bulle se eerste oorwinning in vyf wedstryde in die kompetisie vanjaar.