Anna Calvi – Hunter(,,,, )
“Hoekom kan mense nie ’n bietjie meer elementaal wees nie?” vra D.H. Lawrence in sy bekende gedig “Elemental”. “Ek wens die mens kon weer sy balans tussen die elemente vind / En ’n bietjie meer vurig wees, so nie in staat om te lieg nie / Soos vuur,” skryf hy.
Daar is goeie rede om te vermoed mnr. Lawrence sou ’n groot aanhanger van die half-Britse, half-Italiaanse, volkome elementale Anna Calvi wees. Gaan luister net op YouTube hoe sy Bruce Springsteen se “Fire” vlamblaas in jou oor.