Adv. Gerrie Nel het Woensdag “politieke inmenging” aangevoer as rede vir die feit dat die saak oor die moord op die oud-intelligensiehoof van Rwanda al vir vyf jaar lank sloer. Nel is hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid.
Kol. Patrick Karegeya, wat asiel in Suid-Afrika gesoek het nadat hy uit Rwanda gevlug het, is op 31 Desember 2013 dood aangetref in sy hotelkamer in die Michelangelo-hotel in Sandton, Johannesburg. Hy is glo verwurg.
Dit is nou vyf jaar later en sy moordenaar/s is steeds op vrye voet.