Die ontslape tenoor Johan Botha kan gehoor word op ’n nuwe opname van Puccini se eenbedryfopera Il tabarro. Paul Boekkooi het daarna geluister.
Sangers is net so sterflik soos enigiemand anders, maar die tragiese omvang daarvan is onuitwisbaar wanneer dit in die fleur van hul lewe geskied.
Die tenoor Johan Botha (51) se dood op 8 September 2016 en dié van die Russiese bariton Dmitri Hvorostofski (55) op 22 November 2017 het die internasionale operawêreld geruk.