’n Nuwe spesie knopiespinnekop, van die genus Latrodectus, is in die noorde van KwaZulu-Natal naby Kosibaai ontdek.
Die nuwe spesie is groot, moontlik die grootste, met rooi merke op die rug en ’n rooi kol onder.
Die nieregeringsorganisasie Wild Tomorrow Fund (WTF) sê in ’n verklaring dit is voorlopig die Phinda-knopiespinnekop gedoop.