Kan jy jou indink hoe vervelig dié land sonder wit mense sou wees? het Julius Malema, EFF-leier, buite die landdroshof in Bloemfontein onder groot gelag gevra nadat sy verhoor tot 27 Julie uitgestel is.
Wit mense hoef nie paniekerig te raak nie.
“Ons sal julle nie in die see injaag nie,” het hy van ’n verhoog op ’n groot vragmotor in die straat voor die hof voor honderde van sy ondersteuners gesê.