Suid-Afrika het Noord-Korea se sesde kernwapentoets onvoorwaardelik veroordeel.
Noord-Korea het dié toets Sondag uitgevoer en dit het gelei tot nuwe spanning in Noordoos-Asië.
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Dinsdag in ’n verklaring gesê die toets is ’n oortreding van die veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) se resolusie dat Noord-Korea nie meer sulke toetse mag uitvoer nie.