Suid-Afrika het by die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies aansoek gedoen vir magtiging om meer as R1,5 miljard se missiele aan Iran te verskaf.
Die plan van die departement van verdediging om aan sy Iranse eweknie wapens te verskaf, is deur die Suid-Afrikaanse nasionale konvensionele wapenbeheerkomitee (NCACC) gestuit totdat dié magtiging verkry is.
Sou die Veiligheidsraad die aansoek goedkeur, sal dit Denel Dynamics se grootste buitelandse bestelling ooit vir Umkhonto-grond-tot-lugmissiele wees.