Vier Afrikaanse skrywers was Dinsdagaand onder die bekroondes in Pretoria by die South African Literary Awards (Sala).
Die pryse, wat tydens ’n funksie by Unisa oorhandig is, vier jaarliks die beste van die Suid-Afrikaanse literêre landskap.
In ’n splinternuwe kategorie vir kinderliteratuur het die skrywer Jaco Jacobs gesamentlik met Marilyn Honikman met die louere weggeloop. Twee van Jacobs se boeke, Daar is nie ’n krokodil in hierdie boek nie en Moenie hierdie boek eet nie, albei van Lapa Uitgewers, het die beoordelaars beïndruk.