Suid-Afrikaanse Skoleatletiek (Sasa) het afgesien van sy plan dat skole-atletiekspanne uit minstens 40% atlete van voorheen benadeelde groepe moet bestaan.
Sasa het Dinsdag in ’n brief die besluit bekend gemaak.
“Sasa wil hiermee die memorandum onttrek wat op 5 Februarie en 25 Februarie 2019 uitgestuur is oor die 40%-kwota vir deelname van alle spanne in laer- en hoërskole.