Hy was teleurgesteld toe hy die tyding kry dat die Scarlets sy kontrak voortydig beëindig het, maar het daarmee vrede gemaak, het die heelagter Clayton Blommetjies vandeesweek onthul.
“Ek het my werk gedoen, ek het gedoen wat hulle van my gevra het. Hulle gaan die jaar wat daar van my kontrak oor is, uitbetaal, maar my agent is besig om vir my elders plek te soek,” het Blommetjies in Bloemfontein gesê waar hy en sy gesin na die Cravenweek-toernooi kom kyk het.
Hy was die afgelope seisoen in slegs ses Pro14-wedstryde vir die Scarlets, ’n Walliese span, in aksie waarna hy aan die Leicester Tigers in die Engelse Premierliga geleen is.