Die Suid-Afrikaanse middelafstand-atleet Dominique Scott-Efurd het Atletiek Suid-Afrika (ASA) met nóg ’n Suid-Afrikaanse rekord weer herinner waarom sy by die span vir die Statebondspele ingesluit moes word.
Scott-Efurd het Saterdagaand die SA rekord in die 1 500 meter op binnemshuise byeenkoms in Boston, Amerika, verbeter. Sy het haar eie persoonlike beste tyd van 4:10.90 na die rekordtyd van 4:07.25 verbeter.
Scott-Efurd was die laaste week in die kollig nadat sy nie die Suid-Afrikaanse span vir die Statebondspele gehaal het nie.