Die ANC moet R50 000 opdok nadat hy ’n skikkingsooreenkoms buite die hof met sy party-woordvoerder, Pule Mabe, se persoonlike assistent aangegaan het.
Die ooreenkoms is voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aangegaan.
Kgoerano Kekana (26) het Mabe van seksuele teistering beskuldig.