Selfs mense wat sê dat hulle pastore is, het hom gebel en gevloek omdat hy die EFF vir hulp gevra het.
Só sê Danie du Plooy, ’n melkboer van Bultfontein in die Vrystaat.
Du Plooy sê mense van oor die land heen bel hom en skel hom uit nadat hy met ’n EFF-baret op sy kop in die media verskyn het. Du Plooy sê egter hy sal nie ophou baklei oor die lot van melkboere nie en dat dit gaan oor bewusmaking.