Kristian Prinsloo, wat byna ’n week gelede deur ’n “mak” leeu in Lephalale (Ellisras) aangeval is, toon volgens sy pa, Herman, geen breinaktwiteit nie.
“Hy is baie kritiek. Ek vra dat almal sal intree vir Kristian en dat God se wil sal geskied en dat dit Sy wil is dat Kristian se brein sal begin funksioneer en dat hy volkome sal herstel.
“Alle eer aan ons Vader in die Hoogste Hemele (sic).”