Die Engelse klubspan Sale Sharks jag vyf Springbokke, onder wie Steven Kitshoff.
Akker van der Merwe en die Du Preez-broers, Jean-Luc, Dan en Robert, is die ander toetsspelers met wie Faf de Klerk se span onderhandel.
Daar is die week aan Rapport gesê Sale Sharks se aanbod aan Kitshoff sal moeilik deur die rooiwarm-loskopstut van die tafel gevee word. Die moontlikheid om saam met sy Bok-spanmaat Van der Merwe in die voorry van die Engelse klubspan te sak, maak dit vir Kitshoff aanlokliker.