Kan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en Westelike Provinsie saam nagenoeg R60 miljoen opdok om die Springbok-loskopstut Steven Kitshoff in Suid-Afrika te hou?
Die antwoord op daardie vraag is eenvoudig nee en daarom gaan die rooikop-loskop waarskynlik ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi sy rugby vir die volgende vyf jaar in Europa speel.
Kitshoff (26) het nog nie ’n kontrak met ’n oorsese klub gesluit nie, maar die Engelse klub Sale Sharks is sterk in die wedloop om hom teen ’n astronomiese bedrag te kontrakteer. Ander klubs toon ook belangstelling.