Die ANC in KwaZulu-Natal is uiteindelik reg om nuwe leiers te kies op ’n provinsiale konferensie, maar in Gauteng word nou met litigasie gedreig om die provinsie se konferensie later vandeesweek te ontwrig.
In Pietermaritzburg het die party Vrydagmiddag laat ’n skikkingsooreenkoms bereik met ses van sy lede wat die party verlede maand met ’n hofbevel verbied het om nuwe provinsiale leiers te verkies.
Die provinsiale konferensie wat op 8 Junie by die Universiteit van Zoeloeland gehou sou word, gaan nou van 19 tot 21 Julie plaasvind, het Sihle Zikalala, voormalige voorsitter in die provinsie en ’n vertroueling van oudpres. Jacob Zuma, Vrydagaand aangekondig.