Die skrywer Engemi Ferreira (76), wat Donderdag dood is, het met ’n “ironiese oog na die lewe gekyk”.
So onthou dr. Liesbeth Botha, ’n familievriendin, haar.
“Ek dink uiteraard aan haar uitsonderlike talent as skrywer, maar ek onthou ook die aweregse humorsin en die gasvryheid wat heerlike kuiers opgelewer het. Ons het ’n paar keer by hulle gekuier toe hulle nog in die Laeveld gewoon het. Sy was ’n unieke mens met ’n kombinasie van verskillende eienskappe.”