Dit was nie ’n grap dat Jacob Zuma in sy tyd aan die bewind deur spotprenttekenaars gereduseer is tot ’n behoorlike karikatuur nie.
Al wat oorgebly het was ’n stortkop, en ’n ge-hê-hê-hê . . . Die voormalige president self staan natuurlik nie onskuldig in die skep van hierdie satiriese legende nie.
Met die geleidelike opkoms van Cyril Ramaphosa moes ’n mens dadelik soek na ’n ander rat. ’n Gebalanseerde benadering was nou nodig, aangesien Ramaphosa positiewe bydraes in nasionale belang begin lewer het.