Die meeste huiseienaars sal waarskynlik die agent se kommissie in ag neem wanneer hulle probeer bepaal wat hulle sal maak uit die verkoop van hul eiendom, maar baie mense vergeet dalk om die ander onkostes van huisverkoop in te reken, meen Adrian Goslett, streeksbestuurder en uitvoerende hoof van Re/Max Suid-Afrika.
“Wanneer ’n mens die finale bedrag probeer uitwerk, moet jy ’n aantal ander onkostes ook in gedagte hou.”
Hier is ’n paar van die onkostes waarvoor verkopers verantwoordelik is.